Die Markie - Hermanuspietersfontein

Hermanus
Event Start Date
Event End Date

Die Kleinste Markie in Hermanus

Sedert September 2006 rol ons die hek elke Saterdag oop sodat die dorp se inwoners en toeriste die week wat verby is behoorlik agter die rug kan kry…

Uitsluitlik ‘n kos en wynmark waar besoekers onwillekeurig húl voete onder die tafel op die maat van musiek speellys tap.

Bekend vir ons perlemoen, oesters, kerrie vis, calamari, mossels, vis en tjips, pannekoek, soetkoekies, moerkoffie, jaffels, kase, koue vleise, vars brood, beskuit, olywe, paai en slaai en vars geparste vrugte sappe.

Dan’s daar 11 wyne met kostelike Afrikaanse name om van te kies en keur. Hiér drink mens uit regte wynglase, skep kos op regte breekgoed en gebruik egte messegoed want ons Skapie sê “Ons hou nie van plêstiek nie!”

Wine Farms Involved
Location
Hermanupietersfontein
Hermanus

-34.410968, 19.1953873

Area